DJOssewa
 
Solar Light
bg   bg
 


Die gewilde groep DJ Ossewa se nuwe album is pas vrygestel en spesiaal vir hulle

getroue ondersteuners. “Die Groot trek… tot nou” is DJ Ossewa se gewildste en

gunsteling treffers en die CD is vrysgestel op publieke aanvraag.

Hierdie nuwe CD is plofbaar en baie aansteeklik! Net reg vir ‘n lekker partytjie!

Die album bestaan uit 16 snitte, waarvan 11 nuwe opnames is. DJ Ossewa vermaak

met lekker lewendige komiese dansmusiek wat die dansvloere heelaand volhou en

die gehoor op hulle voete hou…. En natuurlik die wiel aan die rol hou!!!

Daniel Jacobus; Raapie Knapie, Piet Pompies en Jerbes die Leeuboer is ‘n

huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf en die groep se gewildheid groei

daagliks. Hierdie manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot

suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met hulle Progressiewe

Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het hulle ‘n mark en genre van hul eie geskep

en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark.

Hulle wenresep om kultuur van toeka tot nou te vermeng maak van DJ OSSEWA

moderne Africana en ‘n inheemse produk om op trots te wees.

Agtergrond van DJ Ossewa:

DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 5 jaar gelede. Die

DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie afrikaners is.

Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuurvas is en

dan nog op die plaas ook grootgeword het.

Die groep bestaan uit 4 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies, Raapie Knapie

en Jerbes die Leeuboer. Laasgenoemde is eintlik maar n kennis, van die buur plaas.

Daniel, Raapie en Piet bly almal op Ossewasrus saammet Ouma Sanna Beskuit.

Almal is familie op die plaas…Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie.

DJ Ossewa se grootste

en gewildste treffers!

Soos almal weet, is dit nie ‘n maklike lewe deesdae om ‘n boer te wees nie, en toe dit

so ‘n klompie jare gelede begin agteruit gaan met die boerdery, agv omstandighede,

het Ouma Beskuit besluit om die klompie manne almal in een kraal te gooi, en hul na

tante Koba toe gestuur vir sanglesse. Al was hul nou nie uitstaande boere nie, agv

hul swak sig, kon hulle darem so nou en dan ‘n noot hou, en ook ‘n ordentelike

partytjie hou. Dis toe waar alles gebeur het. Na maande se voorbereiding en hard

oefen het DJ Ossewa sy ontstaan gehad, en daarmee saam hul eerste konsert. Dit

het so vinnig gekom en gegaan, en voor hulle hul oë kon uitvee was dit verby en het

daar al hoe meer besprekings na hul kant toe gekom van regoor die land. DJ Ossewa

het n wen resep gekry, lekker Afrikaanse dansmusiek met ‘n komiese, lewendige

vertoning. Konsertina, trekklavier, kitaar, mondfluitjie, lekker tradisioneel, met

polsende ritmes en moderne Afrikaanse klanke. Die manne van DJ Ossewa moes

bondstaan want almal wou saam op die wa klim en die partytjie geniet.

Nie lank daarna nie, is hul eerste volwaardige album vrygestel met die titel

Boeresports” en alhoewel dit nou nie superster status gekry het nie, was dit die

eerste groot tree in die Afrikaanse musiek wereld vir die klomp opskoppers. Na sowat

n jaar is hul tweede album “Voor oppie wa” bekendgestel, en die cd het die volk

behoorlik aan die gons gehad. Daar was skielik sprake van ‘n DVD, en oral het mense

DJ Ossewa aangemoedig om hul mannewales op kamera vas te lê. So gesê, so

gedaan, en hul eerste DVD “Heeltemal Lewendig” het sowat ‘n jaar gelede die

winkelrakke, en die sitkamers met n geweldige plofslag getref.

Onlangs in 2007 het die manne van DJ Ossewa hul derde album die lig laat sien

Vannie os oppie jas, wat ‘n dubbel album is en 35 liedjies bevat. Hul het die album

goed deurdink en daar is ietsie vir almal om aan te smul. Hul 2de volwaardige DVD

"Manne-wa-lus" het in 2009 verskyn en blitsvinnig goue status bereik, nes die eerste

dvd. Manne-wa-lus het ook die Huisgenoot Tempo Toekenning gewen vir gewildste

DVD van 2009.

DJ Ossewa beskryf hul musiek as Progresiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Opskop

Dansmusiek, n heel nuwe genre in Afrikaanse musiek vermaak.

Vandag reis DJ Ossewa reg oor die land en maak musiek vir almal wat wil luister, en

saam kuier. Oud en jonk spring op en af by vertonings, skouer aan skouer. Pa en

seun speel die musiek ewe hard in die motor, en oupa het weer n spring in sy stap.

Die groep doen tans tussen 120 en 150 vertonings per jaar en was al op verskeie TV

programme as gaste, en by n groot aantal feeste. Nou mik DJ Ossewa ook buiteland

toe, om die afrikaans sprekendes te gaan vermaak daar ver oor die diep blou water.

Maar DJ Ossewa bly nederig, en as hul nie op die pad is nie, is hul hard aan die werk

op Ouma Beskuit se plaas met hul daaglikse take.

DJ Ossewa is dalk nie multi miljoenêrs nie, ook nie Supersterre nie, maar een ding is

verseker..........Hul kan Rock in hul taal, en solank daar mense is wat luister, sal die

ossewa se wiele geolie bly.

 

Innie Lang Gras


Wanneer ‘n groep ‘n vyfde CD in net minder as vier jaar bekendstel as gevolg van oorweldigende aanvraag is dit
BAIE duidelik: Hulle is stewig gevestig in die mark en daar kan geen twyfel meer bestaan oor hulle super gewildheid nie.

DJ OSSEWA, die dinamiese en eiesoortige vermaaklikheidsgroep, se wa hardloop deesdae op vier goed
ge-oliede wiele, naamlik Daniel Jakobus (DJ), Piet Pompies, Jerbes die Leeuboer en Raapie Knapie.  (Marula Boom het sy takke gesprei om te gaan walkabout.) Hierdie knap manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Hulle nuutste CD, INNIE LANG GRAS is weereens suiwer ossewa-plesierigheid en hulle verstewig hulle reputasie deur styl-getrou sterker, beter en met ‘n volledige vermaaklikheidspakket die mark te domineer. Elkeen van die super-16 loslit-lekker energieke snitte sal ‘n magtige dreuning veroorsaak soos aanhangers die dansvloer binneval of skaterlag vir hulle unieke en skreeusnaakse lirieke en maltrap streke.

Liedjies soos Innie lang gras, Daisy meisie en Vannie os op die Jas tokkel die hartsnare met regte, egte plaasliefde, ryk en lekker soos botter uit die karring terwyl Lettie, Olke Bolke, Hond innie bos en Daai Bees die lagspiere kielie. Die treffende ysbreker, Roei die boodjie, sal Afrikaners karnuffel om gewis weer plesierig te raak. Superhero Donkie bring as’t ware hulde aan die getroue, dog halstarrige Vaaltyns wat onontbeerlik op enige plaaswerf ingespan word. Kyk spesiaal uit vir die saamsing met Beeskraal ... Ouvrou Rock ondergaan ‘n wafferse make-over ...

DJ OSSEWA is nie bloot ‘n sanggroep nie – hulle is ‘n fenomenale vermaaklikheidsgroep in die suiwerste vorm van die woord. Hulle progressiewe afrikaanse sokkie opskop musiek word briljant ingekleur met konsertina, trekklavier, banjo en kitaar en uitstekend gekomplimenteer deur hulle uitbundige tong-in-die-kies verhoogkonsternasies. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark. INNIE LANG GRAS ritsel behoorlik van ritme wat die luisteraar oorrompel om te sokkie, sakkie, ruk of rol – maar stilsit is nie ‘n opsie nie!

Die manne is geen Vaaljapies nie. Hulle hou miskien treffend makietie, maar getrou aan hulle briljante reputasie, is INNIE LANG GRAS weereens ‘n album wat bewys dat hulle sukses nie ‘n blote meevallertjie is nie. Hulle wenresep om kultuur van toeka tot nou te vermeng plaas hulle op die boonste gestoelte en sorg dat hulle produkte nie lank op die rak sit nie. Ter stawing: Hulle DVD “Heeltemal Lewendig” het reeds in Julie 2008 goue status gekry en verkoop nog steeds sterk. Die manne is op ‘n roll en die wa is deur die drif.

Of jy hulle raakloop innie bos, oppie plaas, innie stad of oppie strand – solank DJ OSSEWA se lepel in die pappot staan gaan hulle met mening kóók – en dis sonder enige slang innie lang gras. Met hierdie briljante CD wat beslis hulle beste album tot nog

toe is, het hulle bewys dat hulle nie deur die blare is wanneer dit by musiek en vermaak kom nie. Laat die swepe klap! DJ OSSEWA laat ‘n stofstreep soos hulle voortsnel na multiplatinum status.

 

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester

Tel: 011 475 2187 / 082 554 8453 of stuur n e-pos na lydiaw@mweb.co.za

Splinter nuut!!!!

  "Manne-wa-lus" DVD

 

Afrikaners is plesierig en jy sal dit glo wanneer jy die super gewilde groep, DJ OSSEWA, se splinternuwe projek, MANNE-WA-LUS onder oë gehad het.

Die briljante DVD bewys daar net eenvoudig geen keer aan die manne, beter bekend as Daniel Jakobus (DJ), Piet Pompies, Jerbes die Leeuboer en Raapie Knapie, is nie. Benewens hulle 5 weghol-sukses CD’s, is hulle nuutste skitterproduk weereens ‘n bewys dat hulle nie agterosse in die kraal is nie.

Met ‘n wa-vrag innoverende idees sorg hulle dat MANNE-WA-LUS met heelparty eerstes in die genre spog en as ‘n verdere troefkaart gooi hulle ‘n spul verrassings in die hutspot om seker te maak dat hulle kóók!

Elkeen van die 18 voortreflike beeldsnitte is pure DJ plesierigheid, kompleet met hulle unieke skaterlag maltrap streke, improvisasies en briljante woordgimnastiek. Hulle gewildste nommers, soos Innie lang gras, Varkie Vang, Superhero Donkie, Daisy Meisie en Vannie Os op die Jas is almal daar. Die Stroopsoet Keurspel kierang met jou hartsnare en deurgaans laat die treffende visuele jou kotteljons.

DJ OSSEWA is hedendaagse voor-trekkers in die ware sin van die woord. Hulle slaan die sweep in die musiekbedryf. Dis nie net hier ter plaatse waar hulle gewildheid deesdae veroorsaak dat hulle dagboeke nie genoeg blaaie het nie, die ekspats oorsee staan ook op hulle knieë om hulle daar te kry. Niks soos ‘n klomp plaasjapies om die verlange bietjie te stil nie.

Met hierdie DVD bewys DJ OSSEWA dat hulle inderwaarheid die wawiel her-ontwerp het en sorg vir ‘n produk wat nog nie ‘n gelyke gesien het nie. Hulle is bekend vir hulle vermoë om te vermaak en met MANNE-WA-LUS wyk hulle nie vir ‘n oomblik van die doelwit af nie. Hulle is miskien op die verhoog en voor die kamera ‘n klomp grapjasse, maar is doodernstig oor hulle aanhangers en die produkte wat hulle lewer. Geen kompromië word getref ten opsigte van gehalte nie – net die beste is goed genoeg vir hierdie aweregse supersterre.

Met hulle Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het hulle ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark.

Hulle wenresep om kultuur van toeka tot nou te vermeng maak van DJ OSSEWA moderne Africana en ‘n uitvoerproduk om op trots te wees.

 


 

 
bg   bg
w
Shows vir Sep. en Okt. 2010
Sien wat DJ Ossewa beplan vir Aug, Sep. en Oktober 2010. Die nuwe nuusbrief is nou gelaai!
Nuwe fan fotos is nou opgelaai. Kom kyk of jy ook daar is!
Nuwe toer fotos is gelaai op ons website. Gaan loer waar ons was.
 
Celebrity Musoc
w