DJOssewa
 
Solar Light
bg   bg
 

 

 

 

     DJ Ossewa Nuusbrief September 2010

 Hello daar vriend!

Dit is met 'n swaar hart dat ons afskeit moes neem van een van ons groeplede. Raapie Knapie oftewel Dwayne Venter was vir ons soos 'n broer. Vir meer as 5 jaar het ons elke week saam die land platgetoer om mense te vermaak. Op 29 Augustus 2010 was DJ Ossewa in 'n baie lelike motorongeluk wat die lewe van Raapie geeis het. Die res van ons het beserings opgedoen, maar geen uiterlike seer kan vergelyk met die seer wat ons binne het nie.

Baie vrae word gevra, waarvan daar geen antwoorde is nie. Al wat ons weet is dat Raapie Knapie 'n Legend is en sal altyd wees, en dat sy legende sal voortleef lank na DJ Ossewa nie meer is nie. Rus in vrede goeie vriend, ons gaan jou baie mis op die verhoog.

Dit is om die rede dat DJ Ossewa alle vertonings tot 22 Sepember gekanselleer het.

Ons het besluit om tyd te vat en eers van alle beserings te herstel voor ons weer kans sien vir die verhoog. Tydens die ongeluk het ons ook ons vervoer en klanktoerusting verloor, en ons werk tans daaraan om dit te vervang.

DJ Ossewa sal voortgaan en weer mense regoor die wereld vermaak met ons musiek en komiese vertonings. Dis soos Raapie dit ook wou gehad het. En met die hulp van al ons getroue fans, sal die Ossewa weer voort storm.

Dankie vir almal se mooi boodskappe die laaste tyd. Al die emails, facebook boodskappe en oproepe. Ons waardeer dit. Dankie dat jul ons hand gevat het en ons help deur die moeilike tyd.

Ons het gemengde gevoelens gehad die afgelope ruk, aangesien ons verlies ook gepaart gegaan het met die vrystelling van ons splinter nuwe album met die titel "Nuwe Cd".

Dis 'n nuwe bladsy in die boek vir DJ Ossewa, en iets waarop almal van ons baie trots is.

Ons dra die album ook op aan ons groot maatjie Raapie, aangesien hy ook 2 snitte op die album sing.

Hier is so voorsmakie van die liedjies waarna jy kan uitsien op “Nuwe CD”.

Vasvat ,  Klim in jou Kar en ry  , Cherrie rooi lippe, Passop vir my Grrrrrr?,  Hey Mamma , Oops didi didi ,  Klap Klap die song (Raapie)  ,  Onthou jy nog?,  Trompie en die boksombende   , Die Skilpadjie liedjie   ,  Ek lyk so lekker (want ek eet so lekker?) (Raapie),  n Man bly maar n man  ,  Prokureer   ,   Die skuur van oom Daan   en    She loves you  .                        

Ons het verlede jaar belowe dat ons die jaar ‘n DJ Ossewa comic book die lug laat sien, en ons kry baie navraag daarvan. Wel, met dinge wat so bietjie rof gaan met al die vertonings , is dinge bietjie stadig wat die Comic betref, maar dit behoort  oor ‘n paar maande reg te wees. Net betyds vir Kersfees!

Indien jy jou besigheid wil adverteer in die comic “Die Avonture van DJ Ossewa”, kan jy ‘n epos stuur met navrae aan pompies@djossewa.co.za

Daar gaan reeds meer as 100 000 kopieë uitgestuur word aan ‘n welbekende instansie se lede. En dis net die begin, so jou besigheid sal top publisiteit kry.

Vir enige navrae ivm DJ Ossewa of besprekings vir optredes , kan Celebrity Music Management geskakel word by 012-9918802, of info@celebritymusic.co.za.  Indien jy persoonlik ‘n sekere lid van DJ Ossewa wil epos, kan jy gaan loer op ons webtuiste. Klik op Maak Kontak, en jy sal ons inligting daar kry. Ons gesels ook graag met jou op facebook.

Namens almal van die groep DJ Ossewa wil ek net ons dank betuig aan ‘n baie goeie vriendin, en ondersteuner, Bianca Brooks, wat ons die laaste maand baie gehelp het met die vooruitgang en groei van DJ Ossewa met haar bydrae. Bianca, jy is ‘n ster! Baie dankie!

Tot ons weer sien

Piet Pompies

 

Hiermee optredes  vir  September en Oktober 2010 :

 

 

SEPTEMBER 2010 :

 

 

22ste                     :        Firkin Centurion

23ste                     :        Kalahari Kuierfees Upington

24ste                     :        Sasolburg Skou

29ste                     :        Aardklop Potchefstroom

 

OKTOBER 2010 :

 

1ste                       :        Bloemhof

2de                        :        Kraaifontein

6de                        :        Fly Lounge Pretoria

7de                        :        Firkin Boksburg

9de                        :        Ladybrand

22ste                     :        Grootbrak Rivier Fees

29ste                     :        Kroonstad Skou

30ste                     :        Germiston

31ste                     :        Boardwalk Casino Port-Elizabeth  

 

 

 Vir Besprekings skakel Celebrity Music Management by 012 991 8802.

info@celebritymusic.co.za

 

 

 

 

 

 


 

 
bg   bg
w
Shows vir Sep. en Okt. 2010
Nuwe fan fotos is nou opgelaai. Kom kyk of jy ook daar is!
Nuwe toer fotos is gelaai op ons website. Gaan loer waar ons was.
 
Celebrity Musoc
w