DJOssewa
 
bg   bg
 

 

DJ Ossewa Nuusbrief 

KKNK 2012 was 'n groot sukses, en die Kuiertuin het behoorlik uit sy nate gebars! Dankie aan almal wat 'n draai by ons Kuiertuin gemaak het. Pieter Smith se liedjie "Stukkie vd Merwe", wat ons saam met hom sing is al 8 weke nommer 1 in die Kaap, en het gekook by KKNK.  DJ Ossewa, beplan die jaar groot dinge, soos gewoonlik, en 'n splinternuwe album en DVD is als deel van ons beplanning vir die jaar.  Daar is ook 'n groter verrassing wat op al ons fans wag, maar meer mag ons nie nou al bekend maak nie. Lights, camera, action! 

height=235

Ons “Nuwe Cd”, ja dis die title van die album, is einde 2010 vrygestel en verkoop steeds goed. Nuwe Cd het die  Tempo toekenning ontvang vir Gewildste Komedie album vir 2011.

height=188

 

Hou gerus ons webwerf dop vir toekomstige vertonings, nuwe musiek video “Oeps Didi”  .Ons nuwe musiek video Oeps Didi kan ook nou op You tube besigtig word. Hier is die link http://youtu.be/W8PVFmRGSHs, of gaan na ons Laai ons af, bladsy. Geniet dit!

height=199

Ons nuwe lid in die groep  Boetie Ossewa, nefie van Piet Pompies, is ook al n ou bekende en het baie mooi ingepas by die groep en ons mannewales.

Boetie (Jaco  v Deventer) speel konsertina, banjo, en kitaar, en is ‘n baie begaafde musikant. En met die man in die groep gaan die vonke behoorlik spat!

Soos jy seker al agtergekom het, is daar heelwat veranderinge aangebring aan ons webtuiste om dit meer toeganklik te maak vir almal. Op die nuwe optredelys kan jy ons nou volg oral waar ons gaan en vooraf sien waar ons gaan optree. Gaan klik slegs op die datum vir meer inligting. Met die hulp van ons begaafde webmeester Oscar, het ons ook nou Facebook en Google asook Twitter by ons webtuiste ingekorporeer, en sodoende is ons fotobladsy ook nou meer volledig. Gaan laai gerus jou DJ Ossewa Fan foto op ons Google bladsy.

Nog groot nuus is dat Dj Ossewa ‘n nuwe DVD beplan.  Die nuwe dvd gaan ook 6 splinternuwe liedjies bevat, asook die nuwe treffer liedjie Stukkie vd Merwe wat ons saam met Pieter Smith opgeneem het. Dit sal ons derde DVD wees in die mark, en soos almal weet raak dit elke keer net groter en beter. Die Nuwe DVD word opgeneem op 3 Junie by die Barnyard Vereeniging om 14:00. Kaartjies is beskikbaar by die barnyard teen R80pp. Skakel Barnyard by 0164548388. Bespreek nou om deel te wees van die aksie. n Nog lekker nuwe nuus, is dat ons uiteindelik ons Avonture van DJ Ossewa strokiesboek, die lig gaan laat sien binnekort. Kyk uit daarvoor by ons vertonings. Dis vermaak vir die hele gesin.

Dan sal DJ Ossewa ook in die toekoms bekend staan as die gesig van X35 energy drink. As jy woema in jou skoena soek is dit net die drankie vir jou. Geen onwettige middels of Taurine in nie, en dit smaak baie beter as ander drankies van sy soort. Dus gee ons nou ons geheim weg, waar DJ Ossewa al sy energie vandaan kry. Dankie X35, ons is trots om n pad saam jul te stap.

DJ Ossewa het ook onlangs hande gevat met die gawe mense by Rixi Taxis. Hul gaan ons help met vervoer na en vanaf die lughawe, asook ander geleendhede, en is 'n betroubare taxi diens. Nou maak ons seker ons kom veilig tuis.

Weereens baie dankie aan al ons borge vir KKNK 2012. Sonder julle sou dit nie so groot sukses gewees het nie. Dankie aan Peugeot vir die vervoer na oudtshoorn, Distell (Klipdrift)  en SAB vir die gees in die Kuiertuin, en X35 vir die energie.

Welkom aan al ons nuwe borge. Ek glo dat al ons ondersteuners ook jul sal ondersteun. DJ Ossewa soek wel nog 'n vervoer borg , en ons eie klere borg. Ons het steeds , na ons ongeluk in 2010 nie 'n nuwe bussie aangekoop nie. Indien jou besigheid DJ Ossewa graag wil borg en hande vat, sodat ons ook kan help om jou besigheid by ons vertonings bekend te stel, kan jy ons epos by info@djossewa.co.za.

Kyk net hoe mooi het ons gelyk op DKNT saam met Martin Bester.

height=268

 

 Bring jul dogters saam, hehe!

Beste groete

Piet Pompies

DJ Ossewa

height=212

 

Vir enige navrae ivm DJ Ossewa of besprekings vir optredes , kan Celebrity Music Management geskakel word by 012-751 5005, of info@celebritymusic.co.za  Indien jy persoonlik ‘n sekere lid van DJ Ossewa wil epos, kan jy gaan loer op ons webtuiste. Klik op Maak Kontak, en jy sal ons inligting daar kry. Ons gesels ook graag met jou op facebook.

Optredes 2012 

 


 

 

 
bg   bg
w
2012 se optredes is nou beskikbaar!
 
Celebrity Musoc
Maroela Music
w